Nestled right at the foot of Sneeuberg, the highest peak in the Cederberg Mountain range and entrance to the Olifantsriviervallei and Namakwaland further North, you will find the little town Citrusdal. With its beautiful lush orchards, a prophetic word is being fulfilled, like oranges are exported all over the world from this town, so God will send forth righteous and godly men and women all over the world from this church. Oranges are important as a natural source of vitamin C, and good for restoring and joining broken cells in the body, so we will send forth people who are equipped and matured through the five-fold ministry into the World to restore and reform His Church.
Activities
Ons Sondagbyeenkomste word gekenmerk deur spontane aanbidding wat God behaag, waar almal welkom is om deel te neem en bydraes te lewer deur getuienis, sang, profesie, en dit wat tot opbouing is van die liggaam. Verder word daar ruimte gemak vir gebed, luister, belydenis, en uiteindelik die bediening van die Woord wat poog om prakties en relevant te wees om elke gelowige toe te rus vir hulle bediening en lewe in Christus. (9:00 Laerskool Olifantrivier in Citrusdal; en 18:00 in die Blommekerk, Clanwilliam; Vredendal om 10:00 in die Radio Namakwaland Bovertrek)
Bybelskool is gerig om elke gelowige toe te rus om hulle bediening uit te leef in die werksplek; huis, en Wêreld waar God elkeen invloed gee. Vakke is gerig op praktiese temas soos gebed, meditasie, berading; genesing; gawes vd Gees; die lewe van Christus. (Maandae: 19:00 – 21:00 Laerskool Olifantsrivier lesing lokaal; Elke 2de Donderdagaand om 19:00 in Clanwilliam, blommekerk lesinglokaal en elke Woensdagaand in Vredendal om 19:00 in die Bovertrek)
English Bible school is every 2nd Thursday at Hebron, Piekenierskloof at 19:00)
Mannebyeenkoms is gerig om manne op te roep tot 'n dieper geestelike lewe. Soos 'n vader sy kinders leer en gereed maak vir die lewe, so mentor ons die mans om God se wil te soek en leef in alles wat hulle doen. Tema wat bespreek word is o.a. tydsbestuur; finansies; leierskap; mentorskap as ouer; huwelike; seks; rentmeesterskap; etiese waardes. (Elke 2de Dinsdagaand by Laerskool Olfantsrivier Lesing lokaal om 19:00 en alternatiewe Dinsdagaand in Clanwilliam by Dirkie Mouton se Pakstoor De Vlei)
Elke Dinsdagoggend bid ons manne saam. Dis gebedstyd en nie geselstyd nie, soos die manne instap neem hulle deel aan gebed en intersessie vir ons Land, Dorp, Gesinne; Kerke en nog meer. (by Jan Oosthuizen se huis; Danckaert str 29 om 6:00 – 6:45.)
Gune Cumi – Dis die woorde van Jesus toe hy 'n dogtertjie uit die dood uit opgewek het; "Talitha Cumi!" Jesus roep vandag nog vroue om op te staan. Op te staan uit vrees en verlossing te verkry van o.a. minderwaardigheid en selfbewustheid. Chantál het 'n besondere hart vir vrouens omdat sy ook as vrou moes leer om in Christus op te staan, soos wat Sy Woord in haar lewe 'n werklikheid geword het. (Elke 2 de Dinsdagaand om 19:00 in Citrusdal soos afgekondig; Elke Laaste Woensdagoggend v.d. in ClanwilliamVelskoendraai om 9:00)
Ons verwelkom mense van alle ras, en taal. Alhoewel Afrikaans die hoofspreektaal is; word daar ook in Engels bedien soos die behoefte bepaal. We have translators available to translate Sunday services in English for people who do not understand Afrikaans, from time to time the Sermon is in English. Dresscode is Informal and Formal – Freedom of choice.
Elke Laaste Vrydag van die maand, bid ons vanaf 20:00 by Laerskool Olifantsrivier; Klem is op Intersessie gebed; Geestelike oorlogvoering; Profetiese Deklarasies en Geestelike Sang en Dans. Daar word ook in Clanwilliam gebid dieselfde aand, plek sal afgekondig word.
Ons het huiskerke in Citrusdal, Clanwilliam, Lambertsbaai; en Vredendal wat fokus op samehorigheid, gemeenskap tussen gelowiges en omgee vir mekaar. Huiskerk is nie die plek waar daar net deur een persoon gepreek word nie, almal neem deel en bespreek Sondag se preek en bid vir mekaar.
'n Gemeente wat nie betrokke is in die gemeenskap is nie, is soos sout wat laf geword het. Ons poog om orals in ons gemeenskappe God se Koninkryk te laat kom deur ons betrokkenheid en omgee. Ons is betrokke by die volgende organisasies: Amos Agrimin; FCE; Kohin; HUG; Hebron asook die lokale skole en Radio Namakwaland.